Bosveld Akademie speel in Noord Transvaalspanne

Dié O/11 Noord Transvaalspan stap weg met die Beker as Toernooi wenners wat al hulle wedstryde gewen het nl: Ntvl 73 - Vrystaat 0, NTVL 84 - Ostvl 0, Ntvl 41 - NW 0 en Ntvl 19 - Stvl 0. Op die foto is die manne wat vir die Noord Transvaalspan uitgedraf het: Johann Greyling, Anton Barnard, Erik Snyman, Juandre Barnard en Wynand de Kock. Afwesig: Louis Trichardt.

VEREENIGING – Bosveld Akademie Privaatskool se leerlinge het op 26 tot 28 Mei aan die Winterspele te Vereeniging deelgeneem. Die volgende wintersport atlete het in die Noord Transvaalspanne gespeel.