Boogkompetisie by Koedoefees

BLINKWATERLODGE – Die jaarlikse Koedoefees word op Saterdag 18 Junie by Blinkwater Lodge aangebied. En wat is ‘n Koedoefees nou sonder ‘n ordentlike Boogskietkompetisie.

Inskrywings is vanaf 08:00 tot 12:00. Die wenner stap weg met ‘n koedoe bul of koei, uitsluitend trofeë-diere. Hope ander pryse is ook op die spel.

Die baan beloof om uitdagend te wees en van hoë standaarde met 3D en 2D teikens, waarvan die verste skoot 50 jaarts is. Daar word slegs met “field points” geskiet.

Al die klubs in die omgewing word uitgedaag om hierdie kompetisie by te woon ter bevordering van die gemeenskap. Elkeen wat ‘n boog besit word genooi om ‘n draai te maak. Inskrywingsgelde beloop R100 per skut. Vir enige navrae kontak Des by 084 548 0544. Besoek ook www.koedoefees.co.za.