6 van die bestes by 2011 Comrades

Wilma Pienaar (11:09), Zanie van Rensburg (9:16) en Luzaan Combrink (10:03) het die Comrades marathon op Sondag 29 Mei 2011 aangedurf.

DURBAN – Ses atlete van Thabazimbi het hierdie jaar die Comrades marathon te Durban aangepak. Die Van Niekerk tweeling, Carl, Wilma, Luzaan en Zanie het almal daarin geslaag om die marathon van 86.96km met nagenoeg 15 000 deelnemers te voltooi.

Dit was Zanie se elfde Comrades, en daarmee saam kon sy vir die eerste keer met haar groen nommer hardloop. Wilma het reeds twee Comrades agter die rug en Luzaan, wat hardloop ten bate van Huis Immergroen, se vierde Comrades marathon.