“Biker’s blanket run” Saterdag 11 Junie

ROOIBERG – Die bibberende koue van Junie-maand is genoeg om almal na hul verwarmers en elektriese komberse te laat reik, maar hierdie luuksheid is nie vir almal beskore nie.

Baie hawelose en minderbevoorregte huisgesinne sal hierdie winter weer moet raap en skraap om aan die lewe te bly, vir diegene met ‘n warm huis en ietsie warms om te eet, is dit moeilik om homself te vereenselwig met so ‘n ellendige bestaan, maar vir dié wat die koue moet aandurf is dit maar deel van hul realiteit.

Motorfietsryers van oraloor gaan more, Saterdag, 11 Junie, ‘n “Biker’s blanket run” te Rooiberg, voor die ou poskantoorgebou, hou om hul gemeenskap met warm komberse en voedsel te voorsien.

Die inskrywingsfooi is ‘n kombers en nie-bederfbare voedsel met ‘n redelike vervaldatum. Stalletjies is beskikbaar teen R50 vir die dag. Geen eetstalletjies is meer beskikbaar nie. Die kinders gaan vir gratis ritte op die motorfietse geneem word.

Hierdie poging word aangewend om die gemeenskap bewus te maak van die impak wat elkeen se bydrae in iemand se lewe kan maak. Bring die hele familie en wees deel van hierdie dag om ‘n gesin in nood se lewe bietjie meer draagliker te maak.

Kontak Hannetjie by 084 898 0731 of 072 203 6266 of Anne-Marie by 083 891 5219 om betrokke te raak by hierdie liefdadigheidsprojek.