Uitslae Naboompark Jukskei Opedag
MOOKGOPONG – Die Opedag het plaasgevind op Saterdag 28 Mei te Mookgopong. Agtien spanne het in die A en C Afdelings meegeding en daar was heelwat besoekers ook.
Andred Snyder (voorsitter) en haar span helpers het gesorg vir die verversings om die koue uit te hou. Uitslae is as volg: A-Afdeling (8 spanne): Eersteplek – Koedoepark (Pretoria) 70.5, tweedeplek Mopanie (Polokwane) 66.5, derdeplek Tarentale 1 (Mokopane) 66 en in die vierdeplek Thabazimbi met 62.5 punte.
C-Afdeling: Eersteplek Kokanje 1 (Nylstroom) 79.5, tweedeplek Thabazimbi 78, derdeplek Ons Hoop (Nylstroom) 74 en Kokanje 2 in die vierdeplek met 71 punte.
Pryse is oorhandig aan die spanne wat in die eerste drie plekke geëindig het.