Ons lesers skryf – Knus plekkie

Pieter, ons was verlede Sondag baie aangenaam verras met jou Dewside Restaurant. Dit was regtig ‘n besondere ervaring.

Die plekkie is baie knus en gesellig en die kos uit die boonste rakke. En die atmosfeer wat die sanger met sy kitaar geskep het, het die ete net soveel lekkerder laat afgaan.

Ek dink dat Thabazimbi baie bevoorreg is om so’n besondere eetplekkie met sy eie bier te kan hê. Die hele opset is iets anders en spesiaal.
Baie dankie en baie voorspoed  met die onderneming. Ons sal verseker weer jou gasvryheid kom beproef.

Vollie en Rita.