Moenie huiwer om u diere te laat inent nie.

Inentings voorkom verskeie aansteeklike siektes in honde en katte. Inentings is biologiese produkte wat die immuunstelsel aktiveer en voorberei op sekere potensiële toekomstige infeksies.  Dus, wanneer  ‘n virus of bakterie die liggaam binnedring ,sal die immuunstelsel  dit erken en illumineer. Dit is baie belangrik om u diere in te ent om hulle te beskerm teen hoogs aansteeklike en oordraagbare siektes.  Gereelde inentings oor die jare toon ‘n afname in hoogs aansteeklike en oordraagbare siektes. maar af en toe is daar  ‘n uitbraak van hoogs aansteeklike siektes soos wat ons verlede jaar in die omgewing ervaar het met Hondesiekte (Distemper virus).

Die enigste manier om u diere te beskerm teen hierdie dodelike siektes is ‘n jaarlikse inenting.  Dit verseker ‘n voortdurende sterk immuniteit.Daar is geen nadele aan inenting nie.

Die enigste uitsondering is in die geval van die Feline Leukemia Virus entstof wat in baie rare gevalle (% van entings) kanker by die inentings plek kan veroorsaak.

Inentings beskikbaar vir honde by jou veearts is as volg:
hondsdolheid/rabies, parvovirus(“kat”griep), hondesiekte(distemper), canine infectious hepatitis (infeksieuse hepatitis), leptospirose, canine parainfluenza( verkoue), kennelcough ( verkoue), bosluiskoors, herpes virus (vir tewe waarmee geteel word).

Inentings vir katte is as volg:
Hondsdolheid/rabies, feline infectious parvovirus, feline herpes virus(snuffels), feline corona virus, feline leukemia virus(felv) en feline immunodeficiency virus(fiv).

Inentingskedule vir honde:
1 e Inenting op 4-6 weke Parvo en Distemper virus op 4 weke OF 6 -in -1 op 6 weke.
2 e Inenting op 9-10 weke   6- in- 1 booster.
3 e Inenting op 12-14 weke 6 – in 1 booster en  Hondsdolheid.
4 e Inenting op 16 weke    Hondsdolheid booster.

Daarna word jaarlikse inenting boosters aanbeveel. Kennelcough word vir honde gegee voordat hulle na diereherberge (kennels) of skoue toe gaan. ‘n Intranasale enting verskaf immuniteit binne 3 dae. Bosluiskoors entstof is beskikbaar op aanvraag. Herpesvirus entstof is beskikaar vir teeldiere op aanvraag.

Inentingskedule vir katte:
1 e Inentting op 6-8 weke 3-in-1.
2 e Inentting op 10-12 weke 3-in-1 booster en Hondsdolheid.
3 e Inenting op  16 weke Hondsdolheid booster.

Daarna word jaarlikse inenting boosters aanbeveel. FeLV en FIV entstof is beskikbaar op aanvraag vir katte in ‘n hoë risiko huishouding of omgewing.

Indien u enige vrae of raad nodig het, moet asseblief nie huiwer om u veearts te kontak nie.