Koue gholfdag eindig met warm punte

Die wenners van die dag se kompetisie was Alta en Piet Venter met 52 punte. Op die foto saam met hulle is Michelle Naude.

THABAZIMBI – Die geborgde gholfdag van die kleuters van SmartBrain Kidz het op Saterdag 28 Mei te Thabazimbi Gholfbaan plaasgevind.

Na ‘n heerlike ontbyt het die 67 gholfers moed gehad om die 18-putjies aan te durf. ‘n Winderige, koue wintersdag het die “Betterball Scramble dryf” meer kompeterend gemaak. Elkeen kon ‘n worsbroodjie of twee kry by die halfweg waar die kinders heerlik op die springkasteel kon baljaar.

Die organiseerders dink reeds daaraan op die weer volgende jaar aan te bied. Sien hul bedankingslys op bladsy 2.