HFM is lief vir Afrikaans

THABAZIMBI – Dis met trots dat ‘n ATKV-Jeugtak by HFM gestig is. Hierdie spannetjie se hoofdoel is om Afrikaans onder die jeug te bevorder. Hou hulle gerus dop met die loods van aksies – ywerig en entoesiasties om die liefde vir hulle taak uit te dra.