Gesellige Kaas-en-Wyn met Spaanse wyne

THABAZIMBI – ‘n Gesellige, en baie interessante, kaas-en-wyn aanbieding met Perlado wyne uit Cebreros, sowat 85km vanaf Madrid en een van die belangrike dorpe in die Spaanse provinsie Avila, word Vrydag 10 Junie om 19:00 by Dewside Restaurant aangebied. In Suid-Afrika kry mens baie min blootstelling aan buitelandse wyne en het ons nie werklik ‘n maatstaf om die kwaliteit van Suid-Afrika se eie wyne, wat onder die beste in die wêreld tel, te vergelyk nie.

Die aanbieding sal deur Barbara Botha behartig word en alle fynproeërs is welkom om hierdie unieke geleentheid saam te ervaar. Kom sê gerus jou sê en gesels wyn saam met die ander wynliefhebbers.

Die wingerde by Cebreros dek sowat 136km2 en is versprei oor die vallei van die Albercherivier. Dit lê op ‘n hoogte van 750m bo seespieël waar dit beskut is teen die koue winde in hierde Noord-Oostelike gedeelte van die bergreeks. Die Vinos Perlado Kelders koop bykans die hele druiweoes uit hierdie gebied op vir hul reeks Perlado wyne.

Al die wyne is jong wyne wat nog nie in akkerbalies verouder is nie en is baie populêr in Spanje. Die drie wyne wat aangebied word is Perlado wit, met sy goud-gelerige kleur en primêre vrugtegeur; die Perlado Rosé met sy helder kersiekleur en robyn refleksies en kenmerkende pruim en liquorice aromas, droog maar goed gebalanseer; die Perlado rooi met sy donker kersiekleur en die aroma van perfekte ryp rooi vrugte, ‘n ware smaaksensasie. Al die wyne word van Spaanse kultuvaars gemaak onderskeidelik Airen, Garnacha en Tempranillo.

Kaartjies is beskikbaar teen R25 per persoon en sluit kaas en beskuitjies in.

Dewside beskik ook oor sy eie spyskaart en kontantkroeg. U is dus welkom om na die tyd in die lekker warm atmosfeer die winterkoue te verdryf en verder saam kuier.

Vir meer besonderhede, skakel Dewside by 014 777 1434 gedurende die naweek, Pieter by Die Kwêvoël kantoor (014) 777 1621 of Barbara Botha by 082 951 8232 vir besprekings.