Dis nag by Thaba Gholfklub

THABAZIMBI – Thabazimbi Gholfklub bied vandag, Vrydagaand 3 Junie, ‘n nag gholfkompetisie aan. Almal kom vanaf 18:00 namiddag bymekaar en slaan af wanneer dit lekker donker is. Kontak die gholfklub as jy wil speel.

Saterdag is ook Thabazimbi Gholfklub se beurt om die Sanlam Kanker Gholfdag aan te bied. Die inskrywingsfooi is R 150 en daar is goeie pryse te wen en die kans om na die uitklop rondtes deur te dring. Die finaal word op die Gary Player Country Club gespeel. Kontak die gholfklub voor einde van besigheid Vrydag 3 Junie 2011.

Verlede Saterdag se kompetisie was ‘n “ Betterball Scramble dryf” en die resultate was as volg:

Alta en Piet Venter het gewen met ‘n allemintige 52 punte,  gevolg deur Esme Behrens en Louise van Graan met 46 punte ,en dan Nita Barnard en Johan Barnard met 45 punte elk.

Lyk my die geheim tot goeie gholf is ‘n goeie huwelik!

Die TOYOTA “Sundowner” word gewen deur Billy Pring met 21 punte. Ons dink ook aan hom waar hy nou aansterk na ‘n hartaanval.
En onthou: Gholf is ‘n maklike spel, dis net moeilik om te speel.

Pieter Heyns