Bulletjie rugby dag by Laerskool Thabazimbi

Hier bars Luan Bezuidenhout 0/7 met die bal weg doellyn toe, soos ‘n wafferse Jean Deysel, waar hy is, is die bal.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het ‘n bulletjie rugby dag aangebied op Saterdag 24 Mei. Die outjies vanaf 0/6 tot 0/8 speel van vroeg af en word geleer wat rugby behels. Hulle word die basiese tegnieke geleer, vang van die balle, speel saam maatjies en hoe lekker ‘n span sport kan wees. Skole wat teenwoordig was, was Laerskole Warmbad, Koedoeskop, Platina, Bosveld, Ellisras, Van Wykskraal en Thabazimbi. Die dag is deur die ouers self gereël en is onder toesig van Laerskool Thabazimbi self aangebied.  Geen telling word gehou nie en daar is nie ‘n wen of verloor span nie. Op die dag het 72 seuns deelgeneem aan die dag en dit is baie duidelik dat die rugby in ons kontrei nog baie kampioene gaan oplewer.