VLU Thabazimbi se bedrywighede

Freda Speelman, Cecile Dearlove, Alita en haar dogtertjie by Thabang se Kleuterskool afdeling.

THABAZIMBI – Die VLU Thabazimbi-tak se maandelikse vergadering op 11 Mei was aan huis van Karin Nel aangebied.

Lien Botha het ‘n demonstrasie oor hoe om ‘n tossel te maak, gelewer. Sy het met lint, hekelgare en krale ‘n baie eenvoudige tossel aanmekaar geslaan. Prakties, maklik en tog beslis iets vir die oog.

Thabang, ‘n veilige hawe vir kinders sonder ‘n heenkome het op Vrydag 20 Mei 2011 hul Ope-dag gehou. Lede van die tak het die verrigtinge bygewoon en was baie beïndruk met wat hulle waargeneem het. Alles was netjies en skoon en die kinders is goed versorg en gelukkig.

Die VLU dames sal Saterdag 4 Junie by Komma Nader Gastehuis se Plaasmark wees. Almal word vriendelik uitgenooi om dit by te woon. Warm klere en komberse vir hul Welsynsprojek kan daarheen gebring word. Hulle sal ook pannekoek en jaffels te koop aanbied vir fondse en donasies van die sakelui is welkom vir hierdie doel. Skakel Daleen by 0825521283 vir meer inligting.