Rustenburg-Central Motors het opgegradeer!

Editorial

RUSTENBURG – Central Motors het sy deure in Desember 1993 in Rustenburg geopen onder die bekwame leiding van Gert Coetzer, die eienaar. Hulle het vir etlike jare die “Golden Dealer” toekenning van ABSA ontvang vir uitstekende verkope en diens. Central Motors se een tak spog nou met ‘n splinternuwe voorkoms, nadat die perseel onlangs opgegradeer is vir die gerief van hulle kliënte.  Central Motors bied ‘n wye verskeidenheid van prys klasse motors aan, dus voorsien hulle ‘n motor vir elke persoon se sak.  Hulle verkoop goeie gehalte motors en finansiering is by alle banke beskikbaar.  Hulle verwelkom ook inruilings.  Alle ou en voornemende kliënte word hartlik uitgenooi om hulle te besoek vir professionele en flinke diens.  Albei takke is geleë in Oliver Thambo rylaan.  Die nuut opgegradeerde tak is hoeke van Loopstraat en Oliver Thambo en die ander tak is op die hoeke van Boomstraat en Oliver Thambo, Rustenburg.  Vir verdere inligting kan u gerus die volgende nommers skakel:  014 597-2053 of 014 594-0704.