Rooikaart by KunsteGrot

THABAZIMBI – Frank Opperman se Rooikaart-vertoning is ‘n lagwekkende skepping uit die pen van Dana Snyman, met Opperman in die hoofrol van die een-man vertoning, as die karakter Wally Koekemoer, President van ‘n plattelandse rugbyklub by hul jaarlikse toekenningsdinee.

Wally behartig die prysuitdeling, ten spyte van ‘n ernstige tekort aan bywonende  rugbyspelers en aangevuur deur sy gunsteling sterk drankie. Soos die aand vorder, word baie van die agter-die-skerms lewe van die klub sowel as sy eie geraamtes in die kas ontbloot.

Teatergangers kry op 24 Junie geleentheid om hierdie toneelstuk by die KunsteGrot op Thabazimbi te sien. Kaartjies beloop R130 per persoon. Vir alle navrae en besprekings kontak Rita by 083 7448559 / rivol@telkomsa.net