Om jou troeteldier te laat steriliseer of nie?

JA, JA, JA… Sterilisasie of “regmaak” behels totale verwydering van die eierstokke sowel as die baarmoeder van jou hond/kat.

In die berig sal ons die voor- en nadele van sterilisasie, teen mekaar opweeg.

Voordele: As gevolg van die verwydering van die eierstokke en baarmoeder word vroulike hormoon produksie gestaak, dus word die gedrags en hiegiese probleme wat soms tydens ‘n hitte ontstaan ge-elimineer, dit vermy ongewenste dragtigheid en moontlike komplikasies soos ‘n keisersnee wat die ma en kleintjies se lewens in gevaar kan stel, 70% van alle kankergevalle in honde is borskanker.  Ouer ongesteriliseerde diere het ‘n baie groter kans om borskanker te ontwikkel, studies wys dat dit geen voordeel vir ‘n hond inhou om eers op haar eerste hitte te kom of kleintjies te kry voordat sy gesteriliseer kan word, indien hond voor haar 1ste hitte gesteriliseer word is dit voorkomend, want sy het dan net ‘n 0.5% risiko om borskanker later te ontwikkel, maar na die 1ste hitte gaan die risiko op na 8% en na die 2de hitte tot 26%, dit elimineer lewens gevaarlike Baarmoeder infeksie, Piometra wat kan ontstaan na ‘n hitte siklus en of na inspuiting van DEPO Provera (progesteroon) om hitte en swangerskap te voorkom, moet nooit dat iemand voorstel om dier met Depo Provera te spuit nie, katte wat nie gesteriliseer is het ‘n groter risiko om FIV en of FeLV (Kat vigs virus en Kat Leukemia virus) te kry deur toenemende bakleiery gedurende paartyd.

Nadele: Sommige diere is geneig om gewig op te tel nadat hul gesteriliseer is, maar deur die diet aan te pas en goeie advies van jou veearts te volg sal hierdie potensiale nadeel voorkom kan word en ‘n klein persentasie van diere kan wel ‘n gedragsverandering ondergaan en urinêre inkontinensie ontwikkel.

Dit is dus duidelik dat die Voordele die Nadele uitbalanseer. Dit word hoogs aanbeveel om u troeteldier te steriliseer. Dit verseker ‘n beter lewenskwaliteit.

Vir enige vrae of raad moet asseblief nie huiwer om u veearts te kontak nie.

Dr Minette Nel BVSc
Care four Paws Dierekliniek