Laerskool Hokkiekliniek te ‘Camp Discovery’

Die 0/12 hokkiespelers wat die hokkiekamp gaan bywoon is agter vlnr: Ju-Mari Barnard, Melanie Engelbrecht, Richeka Serfontein, Elrie Human en Kayla Williams. Middel vlnr: Lindsy Misimanga, Tineke van der Wetering, Anebel Buys, Adri Henning en Chané Swanepoel. Voor vlnr: Wilmarie Prinsloo en Louise Schutte.

THABAZIMBI – Hokkiespelers van Laerskool Thabazimbi gaan gedurende die wintervakansie vanaf 24 tot 27 Junie 2011 ‘n Hokkie oefenkamp te ‘Camp Discovery’, Pretoria bywoon.

Die 0/12 en 0/13 dogters word die geleentheid gebied om aan hierdie kliniek deel te neem. Die Laerskool wens dié spelers geluk, die skool is baie trots op hulle.