10 slimkoppies van LS Thaba by Olimpiade

THABAZIMBI – Tien leerders van Laerskool Thabazimbi het op Donderdag 19 Mei deelgeneem aan die ABSA Wêreldkennis-Olimpiade.
Hierdie is ‘n landswye kompetisie wat jaarliks aangebied word deur Prof Nico du Plessis van die Universiteit van die Vrystaat. Die doel van hierdie kompetisie is om die algemene kennis van die leerders te toets. Die kinders kan groot pryse wen en die slimkoppe was vuur en vlam, uitslae sal teen die einde van Junie beskikbaar wees. Slimkoppe, “doe zo voort”.