“Groot” gholf kompetisie more

THABAZIMBI – Die gholfkompetisie wat more, Saterdag 28 Mei by die Thabazimbi Gholfklub plaasvind, word deur die kleinspan van SmartBrain Kidz aangebied.

Saterdag 20 Mei 2011 was ‘n IPS kompetisie en alhoewel meeste van die klub se spelers weg was met liga verpligtinge, wil die klub net hul dank uitspreek teenoor hul staatmakers.

Barend Gerber wen op ‘n uittel met 37 punte,  gevolg deur Johan Prinsloo met ook 37 punte en dan Pietie Terblanche met 36 punte. Welgedaan manne, dit klink asof julle mekaar bietjie geroer het.

Die Toyota Sundowner word gewen deur Chris Bronkhorst met 32 punte. Dit moet daai tweede drywer in sy sak wees. Mooi so Oom Chris.

Die Bosveld liga spelers het ook Saterdag op Legends Signature Course gespeel in ‘n klub kampioenskap van soorte. Alhoewel hulle nie met die louere weggestap het nie, het almal die asemrowende baan vreeslik baie geniet. Hopelik word dit ook ‘n jaarlikse instelling. Thabazimbi Gholfklub wil ook vir JM Erasmus welkom heet by die Bosveld Liga en weet hy gaan vir hulle nog baie werd wees.

Sien almal by Saterdag se kompetisie en onthou: Gholf is ‘n spel met twee balle. ‘n Klein witte bo-op ‘n groot bloue. Die idee is om die kleintjie raak te slaan!

Pieter Heyns