Warm kitaar werkswinkel in die koue Juliemaand

Jeandre Viljoen van Lephalale bied op 12 tot 15 Julie kitaarwerkswinkels in Thabazimbi aan.

LEPHALALE – Jeandre Viljoen (20), ‘n kranige hokkiespeler by die Mogol Hokkieklub, is gekies vir die Limpopo hokkiespan om Nederland toe te toer gedurende September/Oktober vanjaar waarvoor hy ‘n bedrag van R20 000 moet insamel. Om hierdie bedrag in te samel het hierdie jong musikant ‘n plan gemaak.

Jeandre leer mense kitaar speel in slegs vier dae, en help ervare kitaarspelers om hul vaardighede te verbeter. Hy gaan in verskeie dorpe kitaarwerkswinkels aanbied en sal vanaf 12 tot 15 Julie om 09:00 – 13:00 in Thabazimbi wees. Werkswinkels beloop R500 per persoon. Besprekings kan gedoen word by 073 181 8006. Kom leer speel of verbeter jouself.

Jeandre was in 2009 vir ‘n jaar in C-Kruis (13th Floor), wat deur musiek, drama en dans die evangelie van Jesus Christus verkondig. In 2010 voltooi hy ‘n twee jaar diploma in kontemporêre musiek by COPA (Company of Performing Arts) in Pretoria, in slegs een jaar.

Donasies is welkom. Jeandre is ook beskikbaar om op te tree by funksies.