SmartBrain kleuters besoek aan Van Ross Dierepark

THABAZIMBI – Die kleuters van SmartBrain Kidz het die week van 11 tot 15 April besoek afgelê aan Van Ross Dierepark. Die kleuters het hul verstom aan die verskillende diere. Die besoek het aangesluit by die tema vir die week en kon die kleuters op ‘n praktiese wyse kennis maak met plaasdiere.
Die eienaars van Van Ross Dierepark nooi ieder en elk, besoeker en inwoner, om die pragtige natuurskone bosveld park te besoek. Bring u kinders om te kom speel en die diere te voer terwyl jy jou gunsteling vleisie by hulle koop en braai. Daar is ook ‘n koffiewinkel op die perseel.
Die ingang is ‘n skrale R25 per persoon, wat bakkies kos vir die diere asook braai hout insluit. Kinders onder 2 jaar is absoluut gratis. Van Ross Dierepark is op Woensdae, Vrydae, Saterdae en Sondae oop.
Hulle neem ook besprekings vir partytjies en troues vir 20 tot 30 mense. Die park is geleë verby Marakele Nasionale Park se ingang, ry tot by die kruispad, draai regs en ry 2.5km, dit is op die linkerkant, regoor Tanniezimbi lodge op die Zimtabi pad. Kontak Laurette by 083 455 7857.
‘n Gholfdag ten bate van SmartBrain Kidz word beplan vir Saterdag 28 Mei te Thabazimbi Gholfbaan. Daar is hope pryse op die spel. Belangstellendes kan Monique skakel by 082 636 0821. Die koste beloop R1000 per vierbal. Daar sal ook ‘n aandete by die toekenningsgeleentheid na die dag se gholf wees. Almal is welkom om deel te neem.