Rhino se puntemakers klop Thaba

THABAZIMBI – Die twee groot spanne van die omgewing, Thabazimbi en Rhino het Vrydag 13 Mei te Thaba Park kragte gemeet. Rhino se eerste- en tweedespan spanne wen met die volgende puntemakers. Eerstespan: JP Jacobs met een drie, Patrick Hattingh met twee drieë, vyf doelskoppe en ‘n straf skop (sy totaal 23 punte), JP Luyt met een drie, Warren Dlwengu “Yster” met twee drieë. Die Tweedespan se puntemakers was Eric Mdyogolo met twee drieë, Johan Borman met een drie,  Christiaan van der Bergh met een drie,  Herman Olivier met een drie en Phil Naude met drie doelskoppe. Die klubs bedank al die toeskouers wat hulle kom ondersteun het. Die eindtelling in guns van Rhino se spanne was 43-0 vir die eerstespan en 38-5 vir die Tweedespan.