Ons lesers skryf – CHAOS by ons lisensiekantoor op Vrydag die 13de

Vrydag die 13de was regtig ‘n nagmerrie by ons lisensiekantoor in Thabazimbi.

Dit is elkeen van ons, se reg om daar te wees. Maar nee, jy word sommer maar net uit die ry gedruk, vertrap en dan word daar nog aan die skoolkinders geklap. Daar is van die skoolkinders wat voor die kantoor gaan slaap het en ander wat vanaf 2:00 die oggend daar gaan wag het, net om seker te maak hul kry ‘n plekkie. Dis ons almal se reg, maar ons word van ons regte ontneem. Ek het drie jaar gesukkel om my leerlinglisensie te kry, uiteindelik het ek  hom, maar hoe lank moet ek wag voor ek my bestuurslisensie gaan kry? Mens moet elke maand bel om te hoor wanneer hul weer oopmaak, en in die ry staan vir ure en vertrap word. ‘n Ma moet tog haar kinders by die skool kry of hoe? En dan word jy afgetrek deur die verkeersbeampte en jy kry ‘n boete net omdat jy nie plek kry by die lisensiekantoor nie. Nou verstaan ek hoekom mense hul lisensies KOOP. Dis net om die CHAOS by die lisensiekantoor te vermy.

Gatvol: van Thabazimbi.