Ongeluk eis jongman

AMANDELBULT – ‘n Jongman van Amandelbult, Clayton de Winnaar (20) is Donderdagoggend omstreeks 1:45 oorlede nadat die voertuig waarin hy gereis het met ‘n aankomende voertuig gebots het.

Clayton, wat alleen in die voertuig was, was vanaf Amandelbult na Thabazimbi oppad toe die ongeluk gebeur het.

Henk Havenga van Thabazimbi Krisisbeheer was eerste op die toneel en kon met behulp van Amandelbult se lewenskake die voertuig waarin Clayton vasgepen was, oopskeur. Hy is op die toneel gestabiliseer en na Amandelbult Hospitaal gehaas, maar het weens sy menigvuldige beserings beswyk.
Die bestuurder en passasier van die motor voor wie Clayton beland het, het slegs ligte beserings opgedoen.