Nederland, hier kom ons

Die drie hokkiespelers wat gekies is om die Mogol Hokkiespan in Nederland te verteenwoord, vlnr: Renalda Odendaal, Elrize Naude en Erika Botes.

THABAZIMBI – Drie hokkiespelers van HFM is gekies om die Mogol Hokkiespan in Nederland te verteenwoordig van 1 tot 10 Oktober vanjaar.

Die spelers vra die gemeenskap se ondersteuning met projekte wat hulle gaan aanpak vir fondsinsameling om te help met die onkostes van die toer.