General

Lizz Meiring by VLU kongres

Lizz Meiring is VLU Strewe se Persoonlikheid van die Jaar en het die dames op 4 Mei laat skater met haar eenvrou optrede by die Kongres.

MODIMOLLE – Die Strewe VLU tak was by die kongres wat Weesgerus, Modimolle aangebied het van 3 tot 4 Mei.

Die tak se Persoonlikheid van die Jaar is Lizz Meiring en het op Woensdagaand 4 Mei die verhoog betreë. Sy het die dames behoorlik laat skater en die 11 taklede wat die kongres bygewoon het, het elke oomblik daarvan terdeë geniet.