Klub Kampioenskap trek 54 spelers

THABAZIMBI – Nadat die Thabazimbi Gholfklub se eerste poging op hul jaarlikse klub kampioenskap uitgereën het, het dit met groot sukses op die 14 Mei 2011 plaasgevind. Daar was 54 spelers in die veld en die donker het ons ingehaal, maar almal het in die klubhuis gekom.
Die resultate was as volg: A Afdeling: Bruto 1ste plek J Smit met 146 punte, Bruto 2de plek T Olivier met 151, Netto 1ste plek J Jacobs met 142 en Netto 2de plek T Olivier met 145. B Afdeling: Bruto 1ste plek D Azar met 168, Bruto 2de plek N vd Westhuizen (snr) met 173, Netto 1ste plek H Human met 148 en Netto 2de plek H Penzhorn met 151. C Afdeling: Bruto 1ste plek J Barnard met 201 en Netto 1ste plek G Snyman met 165. Veteraan Afdeling: Bruto 1ste plek C Bronkhorst met 162 en Bruto 2de plek N vd Westhuizen (snr) met 173. Dames Afdeling: Bruto 1ste plek N Barnard met 180 en Netto 1ste plek L Combrink met 173. Junior Afdeling: Bruto 1ste plek J Jacobs met 160 en Netto 1ste plek H Penzhorn met 151.
Die eerste rondte van die klub kampioenskap het ook deel uitgemaak van hul ‘monthly medal’ kompetisie en dit is gewen deur Deon Azar.
Die weeklikse TOYOTA Sundowner kompetisie is gewen deur Charlie Penzhorn.
Die komitee wil graag van die geleentheid gebruik maak om al die lede wat deelgeneem het, asook die mense wat betrokke was by die organisasie, te bedank. Hul sien reeds uit na volgende jaar se Klub kampioenskap.