HFM Wintersport uitslae

THABAZIMBI- Spelers van HFM het baie goed gevaar met hulle onlangse deelname aan die Wintersportdag op 14 Mei 2011 teen Hoërskool Piet Potgieter.
Met die rugby het dit baie goed gegaan, die skeidsregters is gekomplementeer met goeie dissipline.

Sewe van die nege spanne is Suidsirkel ligawenners. Die eerste span se posisie sal bepaal word as wenner of naaswenner met die uitslag van die wedstryd teen Hoërskole Ellisras en Piet Potgieter. Ses wedstryde was gespeel teen Piet Potgieter en al ses is gewen. Die O/14 A wen 34-0, O/15 A wen 27-0, O/16 A wen 64-0, die Derdespan wen 65-0, die Tweedespan wen 53-3 en die Eerstespan wen 32-19.

Die hokkie dogters het ook goed vertoon en baie mooi gespeel. Sewe wedstryde was gespeel die O/14 B verloor 0-1, O/14 A speel gelyk op 2-2, O/15 A verloor 3-0, O/16 B wen 3-0, O/16 A verloor 0-2 die Tweedespan speel gelykop 0-0 en die Eerstespan speel ook gelyk op 2-2.

Daar is 12 dogters verkies tot die Limpopospan wat verlede Saterdag 14 Mei aan wedstryde teen Hoërskool Piet Potgieter deelgeneem het. Die 12 dogters sal die provinsie op die S A Kampioenskappe vanaf 26 Junie tot 30 Junie verteenwoordig, hulle is as volg: Michelle Kruger O/14, Morongwa Mashiane O/14, Anmarie Boshoff O/15, Ronell Roux O/15, Tania Marais O/16, Jeanri Janse van Rensburg O/16, Ester Chilmwa O/16, Friedelene Fetzer O/16, Tayla Hearne O/17, Elizna de Beer O/17, Jeanny Mosolane O/17 en Nadine Prinsloo O/17.

Vier personeellede sal die spanne vergesel as afrigters en skeidsregters, hulle is Me Senekal, Me M Boshoff , Me A Snyman en Me B Reichert.

Die O/18 SA’s het reeds gedurende die April-vakansie plaasgevind en drie dogters was deel van die Limpopo-span: Glenize van Rooyen, Charné-Lee Pretorius en Kelle Phiri.

Landloop atlete het op 14 Mei teen Hoërskool Merensky deelgeneem. Van die sewe atlete wat sou deelneem het net twee seuns deelgeneem, twee atlete moes onttrek weens wintersport verpligtinge en drie atlete het weens persoonlike redes onttrek. Die twee seuns wat wel deelgeneem het, het altwee hulle tye verbeter wat hulle die vorige week opgestel het. Die volgende byeenkoms vind plaas op 28 Mei te Warmbad.

Skaak leerlinge het aan die Interprovinsiale skaak kompetisie deelgeneem te Potchefstroom ook op 14 Mei. Adriaan Odendaal en Jonathan Viljoen wat albei in Gr 8 is speel vier wedstryde waarvan hulle elk twee wen. Die spelers bedank Juffrou Leeze Odendaal vir die afrigting en vervoer van die twee leerlinge.
Die ATKV Redenaars was aangebied op Vrydag 13 Mei te Warmbad. Ses skole het deelgeneem met ‘n totaal van 54 leerders. Sewe van HFM neem deel: drie juniors en vier seniors. Die leerlinge het hulle goed van hulle taak gekwyt en goeie kommentaar is van die beoordelaars ontvang. Twee van die leerders, Gerdri Eloff (junior) en Ingrid Engelbrecht (senior) dring deur om onvoorbereide toesprake te lewer en vaar uitstekend. HFM wil graag hê meer leerlinge moet deelgeneem aan die ATKV Redenaars, dit ‘n wonderlike ondervinding.

Gholf leerlinge het vroeg Vrydagoggend vertrek na Polokwane vir Liga wedstryde teen Heuwelkruin. Daar het net A spanne gespeel op die dag. Die seuns het baie goeie gholf gespeel, maar speel ongelukkig gelykop met ‘n telling van twee elk. Beste gholf speler op die dag was Jaco Jacobs 79 houe met 38 punte. Eerskomende Vrydag, vandag 20 Mei, neem al drie spanne deel teen Ellisras.

Die sokker span het teen Hoërskool Piet Potgieter meegeding op 14 Mei. In die eerste helfte teken Alex Thloka die eerste doel aan en in die tweede helfte teken Thato Molema die tweede doel aan. HFM wen die wedstryd met 2-0. Dankie aan Me L Vorster en Mnr H Kgothlang vir hulle deurlopende getroue ondersteuning.