Groot hengel volgende naweek te Farmstay

VAALWATER – Die Thabazimbi Hengelklub gaan hulle volgende maandelikse kompetisie gedurende die naweek van die 28 en 29 Mei te Farmstay Vaalwater aanbied.
Die hengelaars gaan stiptelik om 03:30 die oggende vanaf Pick n Pay vertrek. Die kompetisie begin stiptelik om 06:00 die oggend tot 14:00 die middag waarna daar ingeweeg sal word en dan kan die hengelaar weer om 15:00 begin hengel tot 18:00 waarna daar heerlik saam gebraai en gekuier sal word.
Op Sondagoggende op 06:00 begin daar weer gehengel word tot en met 15:00 waarna daar weer ingeweeg sal word en dan huiswaarts gekeer word. Enige navrae kan gerig word aan thabahengel@gmail.com of Nicolene by 083 348 2315.