Gemengde gevoelens oor Stemdag

THABAZIMBI – Die verskeie stemlokale wat oopgestel is in vanjaar se munisipale verkiesing het daartoe gelei dat minder lang rye op voornemende kiesers gewag het op Woensdag 18 Mei se Nasionale Munisipale stemdag.

Verkiesingsreëlings deur die OVK het seepglad verloop en geen voorvalle van intimidasie is in Thabazimbi Munisipale Area by die OVK aangemeld nie.
Die DA was ten tye van pers reeds die voorloper in vanjaar se verkiesing met 54.39% van die 3506 stemme wat reeds getel was.

Vir Piet Strydom, Wykskandidaat van die DA in Northam, was die verkiesing egter ‘n teleurstelling, met ‘n baie swak kiesers opkoms in Amandelbult, Swartklip en Northam. Bitter min kiesers het die moeite gedoen om hul kruisies hierdie jaar te trek. Na wat berig word, was die ANC se opkoms ook maar power.

Volledige uitslae sal in die volgende uitgawe bekend gemaak word.