Dans van die planete

Mercury, Venus, Mars en Jupiter sal more, Saterdag 21 Mei, ‘n driehoek vorm met Jupiter aan die bokant. Dit vind voor sonsopkoms omstreeks 5:40 in die oostelike ruimte plaas. (Foto: NASA).

Mercury, Venus, Mars en Jupiter “dans” as’t ware gedurende Mei 2011 in die oostelike ruimte en is daagliks van 5:40, net voor sonsopkoms sigbaar.

Gedurende Mei het dié planete verskeie interessante patrone gemaak wat van oggend tot oggend verskil het. Aangesien die planete baie helder is, sal stadsliggies en ander vorme van ligbesoedelinge hierdie keer glad nie saak maak nie. Die hoogtepunte in die dans: Donderdag 12 Mei het Venus ‘n maan-wydte oor Jupiter beweeg. Vrydag 13 Mei het Jupiter, Venus en Mercury ‘n driehoek gevorm met Mars aan die onderkant. Saterdag 21 Mei sal Mars, Venus en Mercury ‘n driehoek vorm met Jupiter aan die bokant. Op Dinsdag 24 Mei sal Venus twee maan-wydte oor Mars beweeg. Op Donderdag 31 Mei is Jupiter, Mars, Venus en Mercury in lyn met ‘n dun sekelmaan wat ‘n driehoek met Mars en Venus vorm.

As Saturnus deel was van die vier planete, sou al vyf sienbare planete naby mekaar gewees het, en sou dit ‘n groter skouspel gewees het. Nietemin, Saturnus moet die fort hou as die enigste aand planetariese verteenwoordiger en is dus nie deel van die prentjie nie.

Hoekom kry ons hierdie interessante patrone in die ruimte? Soos die planete om die Son beweeg, elk met sy eie individuele periode of jaar, is dit soms moontlik om van die Aarde af sulke patrone te sien.

Vir diegene met ‘n digitale kamera, maak hierdie aksie in die oggendruim vir ‘n perfekte geleentheid vir ruimte fotografie. Die gebruik van ‘n driebeen is nodig sowel as ‘n gepaste inzoemlens.

Elke paar jaar kom twee of drie planete naby mekaar, maar die aansluiting van vier planete is besonders raar en kom slegs elke 50 tot 100 jaar voor.