Word ‘n slim koper by Pick n Pay
THABAZIMBI – Pick n Pay het sowat ‘n maand gelede die getroue-koper program naamlik “Smart Shopper” geloods. Hierdie program laat die koper toe om punte bymekaar te maak met elke aankoop by ‘n Pick n Pay-tak.
Jy kry ‘n “slim punt” vir elke rand wat spandeer word, en vir elke 1000 punte, kry die koper R10 om te spandeer op die volgende aankope. Dit is gelyk aan 1% wat nie baie is nie, maar in hierdie ekonomiese tawwe tye, is dit beter as niks.
Kopers moet op die uitkyk wees vir spesiale aanbiedings en “inkopietogte” waar daar dubbel of trippel punte en bonus punte op seker items aangebied word.
Pick n Pay kliënte word instaat gestel om die punte aan ‘n liefdadigheid of omgewingsorganisasie te skenk wanneer hulle die punte omruil, wat dit ‘n maklike en gerieflike manier maak om sommer ietsie goeds te doen vir die gemeenskap. Punte kan ook in kontant omgesit word.
Skakel Pick n Pay Thabazimbi vir meer inligting by 014 772 2450.