General

WesEnterprises nou in die lug

THABAZIMBI – Etienne Fourie, ‘n kranige paraglider van Thabazimbi, word sedert Maart vanjaar deur Boskos, ‘n afdeling van WesEnterprises geborg om hul naam hoog te hou.

Etienne sal tydens feeste, veilings en ander geleenthede waarby WesEnterprises betrokke is met die geborgde “powered paraglider” in die lug rond beweeg sodat Boskos duidelik sigbaar sal wees. Voorts word daar beoog om kleinskaalse wildtelling te doen asook plaas lyndrade om te vlieg.