Thaba stoeiers in Noordvaalspan opgeneem

LEPHALALE – Die Mogol stoeiklub van Thabazimbi het verlede Saterdag, 7 Mei, die Mogol Ope sowel as die proewe vir die Noordvaalspan aangebied.
Die stoeiers wat deelgeneem het, het met uitstekende resultate huis toe gekom.
Stefan Geldenhuys en Gerhard Snyman is gekies vir die Noordvaal span, wat op 28 Mei 2011 in Noord Gauteng saal in Pretoria deelneem.
Die uitslae is as volg: Stefan Geldenhuys O/9 goud, Jovan Barkenhuizen O/10 goud, Gerhard Snyman O/11 goud, Ruan Geldenhuys O/13 goud en Duncan Loubser het ‘n silwer in die O/13 afdeling in verskillende gewigsafdelings verower.
Die vroue presidente het Karien Snyman goud verwerf, Anina Snyman kry brons en Michelle Snyman verwerf goud. Die seuns presidente uitslae is as volg: Stefan Geldenhuys – goud, Gerhard Snyman – goud, Ruan Geldenhyus – silwer, Duncan Loubser – silwer en Jovan Barkenhuizen verwerf ‘n vierdeplek.
Enige navrae kan gerig word aan Jaco by 083 979 4474.