Thaba Hengelklub in Mosambiek en Zimbabwe

Die jongste van die groep was Dalize Botha met haar eerste swartbaars van 920g.

THABAZIMBI – ‘n Groep entoesiastiese hengelaars het op hoë noot op ‘n hengel-ekspedisie na Zimbabwe en Mosambiek vanaf 18-31 Desember 2010 vertrek.

Twee dae is by Lake Mteri te Zimbabwe deurgebring waar die swartbaars sowel as die Rooiborskurpers (die Zims noem hulle Bream) goed gebyt het.

Daarna het die groep vir agt dae vertrek na Cahorra Bassa te Mosambiek waar die tiere omtrent die lyne styf gehou het.

Ondanks die temperatuur wat gestyg het tot 48 grade en water temperatuur van 35 grade het die groep redelike groot visse geland.

Oppad terug huiswaarts het die groep weer by Lake Mteri aangedoen vir ‘n verdere twee dae waar die swartbaars en die “Bream” weer goed aktief was.

Enige persone wat belangstel om so ‘n hengel-ekspedisie mee te maak kan die Thabazimbi Hengelklub kontak vir verdere besonderhede by e-pos thabahengel@gmail.com.

Neem asb ook kennis dat die volgende klubkompetisie gaan plaasvind gedurende die naweek van 28 en 29 Mei te Farmstay, Vaalwater. Alle nuwe belangstellendes kan ons epos by die bogenoemde adres.

Die Thabazimbi Hengelklub se dames, junior en penkoppe gaan die komende naweek aan die Noordwes Liga deelneem te Rustenburg Rockwelldam. Die span sien as volg daarna uit: Dames: Nicolene Heydenrcyh, Martie Murray, Tanya Tullues en Rozinta Du Randt.  Junior: Nickolise Stolz, Jolanda Stolz, Theunis Heydenrych en Johan Brandt. Penkoppe: Mikayla Tullues en Chantelle Meyer.