Laerskool se langasems presteer

POLOKWANE – Op Saterdag 7 Mei het 45 atlete van Laerskool Thabazimbi deelgeneem aan ‘n landloop byeenkoms by Hoërskool Noordeland te Polokwane.
Die beste prestasie vir die 3 km wedloop is behaal deur Louise Schutte en daarmee verdien sy ‘n silwer medalje. Die volgende byeenkoms vind op Saterdag 14 Mei by Hoërskool Hans Merensky te Tzaneen plaas. Die skool wens al die atlete voorspoed toe met die byeenkoms.