Huldeblyk: Neels Ungerer

Neels Ungerer (22), oud leerling van HFM, is op Sondagaand 24 April in ‘n motorfietsongeluk oorlede.

THABAZIMBI – Neels Ungerer (22) is op Sondag, 24 April 2011 saam met Karike Johst in ’n motorfietsongeluk op die Ellisraspad oorlede.

Hy het sy skoolloopbaan by Laerskool Thabazimbi en Hoërskool Frikkie Meyer deurloop en in 2006 matriek voltooi. Daarna het hy by Kumba, waar hy baie gelukkig was, aangesluit.

Hy laat sy ouers, Neels en Ronél, en suster, Marietjie, agter.

“Jy was altyd ons IT man, ons DIY guru en die man met ’n plan vir elke probleem in en om die huis. Ons gaan jou baie mis – jou plekkie is leeg.”

Langs hierdie weg wil Neels, Ronél en Marietjie Ungerer almal bedank wat gebel, blomme gestuur, besoeke gebring, ge-sms, kos gebring het en hulle op soveel wyses liefde betoon, bygestaan en vertroos het.