Totsiens Mamma Karike

Karike Johst is op Sondagaand 24 April in ‘n motorfietsongeluk oorlede.

THABAZIMBI – Karike Johst, dogter van Annatjie Barnard en Jack Opperman, is Sondagaand 24 April omstreeks 20:30 oorlede.

Sy en haar vriend, Neels Ungerer was onderweg vanaf Ellisras na Thabazimbi toe hul motorfiets met ‘n bakkie gebots het, Neels het ook op die toneel beswyk. Karike laat haar dogtertje Nadine Opperman, haar ouers, broers en susters agter.

“Karike ons gaan jou baie mis ons hart is leeg sonder jou liefde, rus in vrede.”