Thaba Swemklub presteer

Anmarie en Wilmien Schutte het aan die Telkom SA SE Level 1 Swemkampioenskappe te Germiston deelgeneem.

GERMISTON – Twee swemmers van Thaba Swemklub het aan die Telkom SA SE Level 1 Swemkampioenskappe deelgeneem op 1 – 3 April 2011. Die kompetisie het te Germiston plaasgevind en albei swemmers het aan drie items deelgeneem en hul tye verbeter.