PreCrete borg FM Breiers

PreCrete borg HFM Breiers. Op die foto is Deon Azar (PreCrete) en Colin Campbell (HFM hoof). Tweedery vlnr: Glen van Rooyen, Johann van Rensburg en Walter Booysen. Derdery vlnr: Ian Bodenstein, Tiaan le Roux en Walter Booysen. Agter: Ian Meintjies. Afwesig: Ryno Visser, Tiaan Schmidt en Christo Grobler.

THABAZIMBI – PreCrete is vanjaar weer, soos in die verlede by skolesport betrokke en spesifiek by die breierskorps van HFM.

PreCrete en by name die bestuurshoof, mnr Deon Azar, is bekend vir hul betrokkenheid by skole en skolesport en HFM se afrigters is maar een groep van vele wat by hierdie betrokkenheid baat vind.

Mnr Azar was ook vir ‘n hele aantal jare self by FM betrokke as breier van die Eerste rugbyspan en het onder die belt ‘n kwartfinaal van die Direkteurstrofee teen Afrikaans Hoër op HFM se velde. FM se afrigters is dankbaar vir hierdie borgskap en dra graag PreCrete se kleure met trots.