Leer meer van Pakistan

Jakes en Annelie Naudé sal tydens die NGK Thabazimbi se oggenddienste Sondag 8 Mei meer vertel oor hul lewe in Pakistan.

THABAZIMBI – Twee ou vriende van die NG gemeente in Thabazimbi en dr Tinus Benade, Jakes en Annelie Naudé, kuier eerskomende Sondag, 8 Mei, tydens die oggenddienste by die NGK Thabazimbi en vertel meer van hul verblyf in Pakistan.

Na die oggenddienste (wat onderskeidelik om 08:00 en 10:15 plaasvind) word ‘n Pakistani ete aangebied om 12:00. Die ete is R30 per volwassene en R20 per laerskoolkind.

Daar sal ook Sondag klere, handsakke, juweliersware en ander handwerk van Pakistan verkoop word. Almal word versoek om hul beursies en vriende saam te bring.

Hennie Pauw