HFM se PUK reeks uitslae

POTCHEFSTROOM – Verskeie sportsoorte het deel uitgemaak van die Puk reeks wat op Saterdag 16 April te Potchefstroom plaasgevind het.

Die waarde van die Puk reeks lê in die speel teen sterker spanne en in karakter bou van die individuele speler. Hierdie deelname is ‘n goeie aanloop tot die liga met geleentheid om spelers maksimaal die geleentheid te gee om hulle self te bewys.

Die O/15 Rugbyspan het die beste gevaar met twee vierdeplekke. Van die agt wedstryde gespeel het die O/14 A rugbyspan 7-5 teen Hoërskool Montana gewen, die O/14 B wen 27-0 teen Hoërskool Merensky, die O/16 A wen 14-8 teen Hoërskool Merensky, die Tweedespan wen Hoërskool Lichtenburg met 13-5 en die Eerste rugbyspan wen Hoërskool Merensky met ‘n telling van 20-19.

Die O/15 A verloor 5-22 teen Hoërskool Lichtenburg, die O/15 B verloor teen Hoërskool Standerton met ‘n telling van 17-22 en die O/16 B verloor 11-12 teen Hoërskool Montana.

Die netbaldogters het baie goed vertoon. Van die 10 wedstryde wat hulle gespeel het wen hulle agt en verloor slegs twee. Die O/15 A span wen 29-5 teen Hoërskool Merensky, die O/15 B wen 17-7 teen Hoërskool Standerton, die O/16 A wen 19-10 teen Hoërskool Merensky, die O/16 B wen 19-9 Hoërskool Standerton, die O/17 A wen 15-11 teen Hoërskool Merensky, die O/17 B wen 16-6 teen Hoërskool Standerton, die Tweedespan wen 11-4 teen Hoërskool Lichtenburg en die Eerste netbalspan wen 21-18 teen Hoërskool Standerton. Die twee spanne wat verloor het was die O/14 A met ‘n telling van 16-17 teen Hoërskool Lichtenburg en die O/14 B met 11-14 teen Hoërskool Montana.

Die hokkiespanne van HFM het onder moeilike omstandighede hulle beste gelewer en die uitslae is soos volg: Agt wedstryde is gespeel waarvan die O/14 B 1-0 wen teen Hoërskool Lichtenburg, die O/16 A wen 1-0 teen Hoërskool Merensky, en die Tweedespan wen 1-0 teen Hoërskool Merensky. Die span wat gelykop gespeel het was die O/15 B met ‘n telling van 0 elk teen Hoërskool Montana. Die spanne aan die verloor kant was die O/14 A met 0-3 teen Hoërskool Merensky, die O/15 A met 1-4 teen Hoërskool Lichtenburg, die O/16 B met 0-1 teen Hoërskool Montana en die Eerstespan wat 0-2 verloor teen Hoërskool Montana.