General

HFM gholfspanne presteer

THABAZIMBI – Gholfspanne van HFM het op Vrydag 15 April tuis teen Hoërskool Piet Potgieter liga gespeel.

Die spanne het baie goed gedoen, al die spanne speel in ‘n “Match Play” formaat. Die A span het twee elk gelykop gespeel, die B span speel baie goed en wen Piet Potgieter 4-0 en die C span wen ook vir Piet Potgieter met 3 ½ -0. Die beste spel op die dag was Ettien Marais wat 78 geslaan het met 40 punte. Die volgende wedstryd is teen Hoërskool Heuwelkruin op 6 Mei.