Haweloos Baba Bullterrier opsoek na huis
THABAZIMBI – ‘n Klein spierwit baba bullterriër is opsoek na ‘n liefdevolle huis. Die reun is tussen 2-3 maande. Hy is gevind in Thabazimbi, maar tot op hede het sy eienaars nog nie na hom gesoek nie. Hy is liefdevol, goed met ander honde en mense. En het nog soveel potensiaal om ‘n fantastiese hondjie vir ‘n familie te wees. Bullterriërs is pragtige diere. Enige iemand wat belangstel om vir die hondjie ‘n goeie huis te gee kan Tania by TAR skakel by 084 885 6487 of vir Elanie by 072 341 7013.