174 diere verkoop by wildveiling

THABAZIMBI – Thabazimbi Wildlife Services het op Vrydag 29 April ‘n wildveiling aangebied. Honderd vier en sewentig stuk wild is tydens die hokveiling onder die hamer gebring. Elf rooihartbees verkoop teen ‘n gemiddeld van R5000, 37 blouwildebees verkoop teen ‘n gemiddeld van R2262.16, 19 elande verkoop teen ‘n gemiddeld van R5231.58, 13 koedoes verkoop teen ‘n gemiddeld van R2961.54, 12 njalas verkoop teen ‘n gemiddeld van R6500, 34 rooibokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R1414.71, 21 sebras verkoop teen ‘n gemiddeld van R5376.19, vier waterbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R5250 en vier volstruise verkoop teen ‘n gemiddeld van R1300 elk.

Wat die manlike diere betref, verkoop een blouwildebees teen R4700, vier volwasse koedoes teen ‘n gemiddeld van R23 000 elk waarvan die hoogste R48 000 bereik, een njala verkoop teen R18 000, 12 jong rooibok ramme verkoop teen ‘n gemiddeld van R1054.17 elk en een waterbok verkoop vir die prys van R8000.

‘n Totale omset van R677 150 word gemaak. Niel Swart was die afslaer.