Wie het vir wie gevang?

'n Swartborsslangarend het amper sy mo ses teëgekom toe sy prooi, 'n boomslang, hom in 'n wurggreep om die nek beetgekry het.

Bygedra deur Martin en Lynette van den Heever, Thabazimbi

SANDSPOOR – Martin en sy eggenote, Lynette van den Heever het onlangs, kamera in die hand, op hul vriend, Paul Jordaan se plaas, Sandspoor gaan stap.

‘n Ondervinding, wat Martin beskryf as “een maal in ‘n leeftyd” het op hulle gewag. ‘n Beweging in die veld het Lynette se aandag aanvanklik getrek en was skynbaar net ‘n voël in stres op die grond, maar waarom?

Martin het die voël versigtig genader terwyl Lynette solank foto’s begin neem het. Sowat 2m van die voël af het Martin die slang by die voël gewaar. Die vermoede was dat dit ‘n  swartmamba was en het Martin dadelik weg beweeg. Op hierdie stadium het hulle ook besef dat die voël ‘n soort arend is, inderdaad ‘n swartborsslangarend.