Thabazimbi skopboks klub gaan groot

Die hele Suid-Afrikaanse skopboks toergroep na Phuket, Thailand wat geduur het van 25 Maart tot 13 April 2011.

THABAZIMBI – Thabazimbi skopboks klub beleef reeds vyf en twintig jaar in die bosveld enorme suksesse in die vegkunste.

Verskeie springbokke, junior Springbokke en Suid-Afrikaanse en provinsiale kampioene het hulself bewys in die vegkunste. Van die meer onlangse hoogtepunte sluit ‘n toer na Phuket, Tailand in wat geduur het van 25 Maart tot 13 April 2011.

Ingesluit in die span was uitgelese studente wat reeds vyf jaar en langer lede is van die Thabazimbi Skopboks Klub onder leiding van Shihan Peet van Breda. Sensei Lourens du Plessis is reeds twee en twintig jaar verbonde aan die klub en was nommer een op die skopboks swaargewig ranglyste. Sy volgehoue toewyding is motivering vir elke jong student. Michael Buys is die huidige swaargewig volkontak XKT kampioen, Lourens du Plessis jnr is ‘n tweede dan swartbeld en huidige Suid-Afrikaanse kampioen. Sy jonger broer, Dieter du Plessis is ‘n uitgelese vegter met menige toernooie agter die rug. Een van die jonger vegters is Francois Buys wat in sy pa se voetspore volg. Francois tel onder een van slegs twee wat goud in drie afdelings op een toernooi kon wen. Die ander een is sy suster, Annebel Buys. Hulle het ook die prestasie twee keer herhaal. Nog twee broers wat hulself op ‘n jong ouderdom onderskei het met menige gevegte en toernooie agter die rug is Simeon en Conrad du Toit. Stevan Pretorius is n oud Thabazimbi student wat sy vegkuns opgeskerp het.

Hierdie span was uiters suksesvol met spesiale opleiding in Phuket by die “Tiger Muay Thai and Mixed Martial Arts School”. Hierdie skool is internasionaal hoogs populêr en spog met ‘n string huidige wêreld kampioene as resultaat van hul opleiding. Twee studente wat slegs die fiksheids klasse bygewoon het met basiese opleiding in vegkunste is Anesta Buys en Marlein Ras.

Skopboks verleen hom nie net as sport medium nie en is ook nie net vir spier tiere bedoel nie. Die sport verleen hom uiters goed tot self verdediging, fiksheid, dissipline, selfbeeld en self vertroue. Studente van alle ouderdomsgroepe is betrokke en sluit ook die dames in. Sport oor die algemeen voorsien in ‘n gesonde leefstyl en gewoontes en behoort almal betrokke te wees by een of ander vorm van oefen.