Thaba Jukskei nuwe bestuur
BELA – BELA – Die jaarvergadering was gehou op 20 April 2011 om 18:00 te Bela-Bela.
Die bestuur en twee afgevaardigdes van elk van die klubs was teenwoordig. Klubs wat die vergadering bygewoon het was Thabazimbi, Olifante (Groblersdal) en Tarentale (Mokopane). Naboompark het verskoning gemaak. Die bestuur vir die 2011/2012 Seisoen is gekies en is as volg: Voorsitter: Sois van Zyl (Olifante), Sekretaris: De Graaff Genis (Tarentale), Ondervoorsitter: Bossie Liebenberg (Thabazimbi) en Media-skakelbeampte: Martie Nell (Bela-Bela).
Die klubs se nuwe bestuur is ook gekies, Thabazimbi klub se bestuur lyk as volg: Voorsitter: Bossie Liebenberg, Sekretaris: Gerhard Booysen, Add-lede: Neels Kramer en Joyce du Preez en Tesourier: Bets Els. Naboompark bied op 28 Mei ‘n Ope-dag aan. Vir meer inligting, of om in te skryf, skakel Sherley by 082 296 0996.
Thabazimbiërs wat belangstel om deel te word van die Jukskei klub kan Bossie Liebenberg skakel by 082 920 9070.