Limpopo Boogskiet Liga, Saterdag 30 April

THABAZIMBI – Die Limpopo Boogskiet Liga vind op Saterdag 30 April te Koos Cronje Skietbaan plaas.

Dié liga word vanjaar deur Thabazimbi Boogklub aangebied en geskiet tydens die jaarlikse Thabazimbi Wild en Toerisme Expo.

Registrasie vind vanaf 07:30 tot 08:30 plaas waarna die verwelkoming en baanuitleg deur Hannes Scheepers, Thabazimbi Boogklub se voorsitter plaasvind. Die eerste pyl word om 09:00 geskiet.

Die verskillende klasse waarin gekompeteer word is Tradisioneel, Bowhunter – Rangefinder, Bowhunter – Beginner, Cub/Junior/Senior/Veteraan, Bowhunter –Bowhunter Freestyle en Limpopo Skole Liga asook “Special” en “Handicapped”. Alle skuts is welkom. Inskrywings beloop R60 vir Cubs en R110 vir die res. R10 per inskrywing gaan aan Limpopo Boogskiet Liga. Verskeie waterpunte sal ook geallokeer word.

Liga bied elkeen wat ‘n boog het om skouers te skuur met Protea skuts.

‘n Beker Boeretroos sal van vroegdag beskikbaar wees asook verversings te koop en ‘n kontantkroeg in die Klubhuis waar die rugby later uitgesaai sal word.
Vir enige verdere navrae of padaanwysings kontak Hannes Scheepers by 083 490 9743.

Die skuts van Thabazimbi Boogklub kom elke Woensdagaand byeen vanaf 18:00 – 20:00 te Koos Cronje Skietbaan. Almal is welkom om by die klub aan te sluit en om hierdie sport sodoende te bevorder.

Skyfskiet navrae kan gerig word aan Gert Oosthuizen by 082 853 2054.