Leersame Wintersport-toere gedurende April vakansie

THABAZIMBI – Gedurende die April vakansie was daar rugby-, netbal- en hokkietoere na verskeie dorpe onderneem.

Die HFM Eerstespan rugbyspelers het drie wedstryde gespeel onder andere teen Hoërskole Bekker, Ligbron en President. Twee van die wedstryde is gewen en een verloor. HFM wen Hoërskool Bekker met 21-12. Die speler van die wedstryd is Armand Botha. Hulle wen ook Hoërskool President 15-11 en die speler van dié wedstryd is Stiaan Klopper. Die wedstryd teen Hoërskool Ligbron verloor hulle met agt punte teenoor 17.

Die O/14, O/15 en O/16 rugby seuns het getoer aan Hoërskool Ben Viljoen te Groblersdal vanaf 30 Maart tot 2 April. Die O/14 seuns speel drie wedstryde. Hulle wen teen Hoërskool Ben Viljoen met ‘n telling van 31-0 en Stefan Joubert word as speler van die wedstryd aangewys. Hulle wen teen Hoërskool John Vorster met 29 punte teenoor 10 en die speler van die wedstryd is Barend Oosthuizen. Hulle verloor hul wedstryd teen Hoërskool Hugenote met drie punte teenoor 15. Die O/15 span wen teen Hoërskool Ben Viljoen met ‘n telling van 10-8, hulle wen ook hul wedstryd teen Hoërskool John Vorster met ‘n telling van 36-14 en die  speler van die wedstryd is Hannes Holtzhausen. Hulle verloor teen Hoërskool Hugenote met 17 punte teenoor 25 punte. Die O/16 span het getoer na Volksrust vir die Amajuba sportweek vanaf 3-7 April. HFM verloor 0-3 teen Hoërskool Volksrust, wen teen Hoërskool Pioneer 11-5 waar die speler van die wedstryd Juan Evert aangewys word. Hulle wen teen Hoërskool Ligbron met 15 punte teenoor 0 en die speler van wedstryd is Pieter Ferreira.

Die leersame hokkietoer van die O/16’s, O/15’s en O/14’s na Groblersdal was suksesvol.  Die O/14 span het ses wedstryde gespeel, vier gewen en twee verloor. Die O/15 span het ook ses gespeel een gewen, een gelykop en vier verloor, die O/16 het sewe wedstryde gespeel waarvan hulle vier gelykop gespeel het en drie verloor het, waarvan een wedstryd teen die Eerstespan was. Die Eerstepan speel sewe wedstryde, verloor twee, speel drie gelykop en wen twee. Die O/15 span het die trofee gekry vir die beste gedissiplineerde span.

Die O/14, O/15, O/16, O/17 en 1ste Netbalspanne het saam getoer na Raloka. Die dogters het baie geleer met tegnieke as hooffokus. Die wedstryde is gedurende spel gestop sodat die spelers die regte tegniek kon baasraak.

Twee atlete het deelgeneem aan die SA Tweekamp Kampioenskappe te Port Elizabeth. Hulle het die 2km gehardloop en 100m geswem. Gerhard Benade behaal 2277 punte en Lourens Boshoff behaal 2145 punte.